|
Written by Hannalize Loubser
|
|
Monday, 14 May 2012 10:13 |
|
Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos 'n duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. (2 Petrus 3: 8-9) |
|
Last Updated on Tuesday, 15 May 2012 10:40 |
|
|
EREDIENSTE - SONDAG 20 MEI 2012 |
|
|
|
|
Written by Hannalize Loubser
|
|
Monday, 14 May 2012 10:05 |
|
OGGENDDIENS - 09:00 = Ds Gerhard Loubser
KINDERKERK - 09:00 = Alta de Lange
AANDDIENS - 18:30 = Ds Attie van Wyk
|
|
Last Updated on Tuesday, 15 May 2012 10:33 |
|
Written by Hannalize Loubser
|
|
Monday, 14 May 2012 10:17 |
|
Ons Pinksterdienste word dié jaar aangebied deur ds Attie van Wyk van Cradock. Dienste begin op Sondagaand 20 Mei om 18:30 en vanaf Maandag 21 Mei tot Vrydag 25 Mei is die dienste elke aand om 19:00. Daar sal elke aand ook KinderPinkster in die saal wees. Elke aand sal daar ook 'n kollekte vir Bybelverspreiding wees. Kom in gemaklike klere!
Kos verkope tydens Pinkster: Maandag 21 Mei - Worsrolle; Dinsdag 22 Mei - Jaffels; Woensdag 23 Mei - Roosterkoeke; Donderdag 24 Mei - Pannekoek & Vrydag 25 Mei - Sop & brood. Dié verkope word deur die verskillende aksies van die gemeente gedoen - ondersteun hulle asseblief!
|
|
Last Updated on Tuesday, 15 May 2012 10:58 |
|
|
Written by Hannalize Loubser
|
|
Monday, 26 March 2012 10:47 |
|
Ons jaarlikse KERMIS vind plaas op SATERDAG 2 JUNIE 2012 om 08:30! Dagboek dié belangrike gebeurtenis! Jy wil dit nie misloop nie! |
|
Last Updated on Wednesday, 02 May 2012 14:52 |
|
Written by Hannalize Loubser
|
|
Sunday, 29 January 2012 11:51 |
|
'n Studiefonds is in ons gemeente gestig om Elandré Swartz te help met sy teologie studie aan die Unversiteit Vrystaat. Elandré se ma is 'n weduwee en is nie in staat om alleen die kostes verbonde aan sy studie te betaal nie. Die jaarlikse kostes beloop ongeveer R70 000! Hier is 'n wonderlike geleentheid vir enige gemeentelid om betrokke te raak by twee van God se opdragte: Om die evangelie te verkondig & Om na die weduwees om te sien. Bydraes tot die fonds moet asseblief gesien word as 'n addisionele bydrae tot u maandelikse dankoffer aan ons gemeente. Na gelang van die ondersteuning wat ons vir die fonds ontvang, kan hierdie fonds in die toekoms gebruik word om ook ander gemeente-kinders te help met hul studies! Indien u belangstel om 'n bydrae te gee, skakel asb die kerkkantoor vir meer inligting of doen 'n direkte inbetaling in die kerk se bankrekening en gebruik asb die woord 'studiefonds' as verwysing. Dankie vir ondersteuning!
|
|
Last Updated on Monday, 02 April 2012 10:23 |
|
|
|
|
|
|
Page 1 of 6 |